Gallery


HDR - 50 jaar
PDF Print E-mail

Hoërskool Drie Riviere is 50 Jaar oud in 2012.

Hoërskool Drie Riviere is in 1962 amptelik geopen en vier vanjaar hul 50ste bestaansjaar. Hierdie besondere mylpaal is gedurende die langnaweek van 27 April tot 29 April gevier met talle funksies en gesellighede waarna oud-Drieries uit die laaste 50 jaar genooi is. Natuurlik het die Musiekkonservatorium as die vlagskip van die Hoërskool 'n prominente rol gespeel.

Ons leerders het op Vrydag, 27 April, gedurende die Gala-ete vir oud-leiers gaste vermaak met individuele spel, die Rainbow Tenors uit die Fezile Dabe projek het tydens die geleentheid 'n item gelewer en ons eie Mev. Prudence Venter het die aand afgesluit met liedere uit haar repetoire.

Op Saterdag, 28 April het die Con Amoré 'n program gelewer waartydens die Hoërskool Drie Riviere Koor saam met die orkes opgetree het. Oud-orkeslede het met groot geesdriftigheid die geleentheid aangegryp om weer hul orkesdae te herleef en het met hulle instrumente en vaardige bladlees ingeskakel. Die oudste lede wat hier deelgeneem het was mev. Liesl Hoogenhout van 1994 en Mev. Alida Ahlers van 1998. Die program is gelewer op die rugbyveld op 'n massiewe verligte buiteverhoog.

Tydens die kerkdiens op Sondag, 29 April het die Con Amoré kerkgangers in die skoolsaal begelei.

imageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimage